… a place of silence
Site Menu

Sept 8-13 2019 Directed Silent Retreat with Barry vd Merwe

SONY DSC

Begeleide Stilteretreat

8-13 September 2019

Wanneer ‘n mens werklik stil word, raak die poeletjie water in jou hart helder en dan gebeur daar

twee dinge:

jy sien die bodem en die hemel reflekteer.

Elke mens het ‘n unieke, persoonlike verhouding of pad wat hy of sy met God stap. Op Origins skep ons vir jou die ruimte waarbinne jy hierdie verhouding kan toets en jou kritiese vrae kan vra. Die mooi natuurskoon bring jou onmiddellik nader aan God.

In hierdie Begeleide 5Nag Stilteretreat nooi ons jou om deel te neem aan ons regulae op Origins: die bidtye in Poustinia om 6:00, 12:00 en 18:00; jy kry ook die geleentheid om een maal per dag ‘n individuele geestelike gesprek te hê met ons retreatleier, Barry vd Merwe.

Registrasie: retreats@mosaiek.com