… a place of silence
Site Menu

Calendar

Jan
4
Mon
Solo Retreats by Origins tussen Jan en Des 2021 @ Origins Retreat Centre
Jan 4 @ 2:00 pm – Dec 17 @ 10:00 am

Solo Dagretreats of Solo Oorslaapretreats
Het jy geweet dat jy op jou eie ‘n dagretreat of ‘n oorslaapretreat op Origins mag doen?
Solo Dagretreats : Verkieslik op ‘n Donderdag, en afhangende van beskikbaarheid.
Koste: R75
Solo Oorslaapretreats: Enige datum in die week, afhangende van beskikbaarheid.
Koste: R425pp per nag enkel, of
R300pp per nag vir ‘n paartjie wat deel, of
R185pp per nag vir ‘n plek in die slaapsaal
Op so ‘n soloretreat beveel ons aan dat jy moet deelneem aan die gebedstye in Poustinia, 6:00, 12:00 en 18:00 en 1 maal per dag ‘n geestelike gesprek sal hê met ons retreatleier op Origins, Barry vd Merwe. Dit kan dus ‘n begeleide retreat wees, of nie.
Op so ‘n individuele retreat sorg jy vir jou eie kos. Ons het ‘n goed toegeruste kombuis met yskas, stoof en mikrogolf, potte en panne en eetgerei.