… a place of silence
Site Menu

April 2 2021 Lent Origins Goeie Vrydag ‘Waak met Hom wat sterf aan die kruis…’

April 2 2021 12:00 – 15:00

Jy word genooi om op jou eie tyd by verskillende kruise bewus te word van die betekenis van Jesus aan die kruis.
Ons nooi jou ook om die hele tyd in stilte deur te bring en om vir mekaar die ruimte te skep om in stilte te wees.

Hier is vier kruise en dan (vir die wat kans sien) nog die kruis bo-op die kop ook. Jy kan hulle in enige volgorde besoek. Jy kan selfs net een of ’n paar besoek.

Op die terreinplan word die kruise aangedui.
Kyk ook na die kort riglyne wat jou wil help om by elke kruis tyd te kan spandeer.
By die tweede kruis (Poustinia) kan jy Nagmaal gebruik.

Ons beveel aan dat jy gedurende hierdie tyd sal vas. Daar is dus net water beskikbaar in die Stalle.

Registrasie: retreats@mosaiek.com