… a place of silence
Site Menu

Apr 3 2021 Lent Origins Stil Saterdag ‘Waak met Hom wat in die donker wag…’

Dit is Stil Saterdag.
Die dag tussen die kruisiging en die opstanding.
Ons nooi jou om te vas. Daar is water beskikbaar in die Stalle.

Ons nooi jou uit om op vier maniere met Jesus in die donker te wag:

  1. Die kunswerk van William Blake.
  2. Besoek die Stasies van die lewe in die bos, veral stasie 10, die graf.
    Wanneer jy oor die bruggie oor die spruit stap, is daar ‘n trommel. Neem ‘n boekie uit die trommel. Die boekie is ‘n handleiding vir die stasies. Stasie 10 is na links.
    Na die tyd kan jy die boekie weer terugsit in die trommel.
  3. In Poustinia is daar `n kort liturgie om
    09:00 en 10:00 en 12:00 en 13:00 .
    Neem deel op die tyd soos jy bespreek het.
  4. In die Base vind daar ‘n gesprek plaas oor Stil Saterdag, die betekenis en waarde daarvan, om 11:00.
    Kom vra gerus jou vrae.

Registrasie: retreats@mosaiek.com